"my father gave me the greatest gift anyone could give another person, he believed in me" - JIM VALVANO
Jaco Boshoff het al begin musiek maak van die ouderdom van 6 jaar. Sy eerste instrument waarmee hy kennis gemaak het was dromme. Op die ouderdom van 7 jaar het hy sy liefde en belangstelling vir die kitaar begin toon.
Jaco het in sy skoolloopbaan baie blootstelling gehad wat sy musiek aanbetref, en het in verskeie musiekblyspele deelgeneem, ondere andere "Joseph and his amazing techni-colour dreamcoat" en "Grease". Hy het ook in hierdie tyd sy eerste liedjie geskryf alhoewel dit in engels was.
Jaco onmoet sy droomvrou in 1994 in matriek, wat ook die inspirasie was vir verskeie van sy komposisies.
In 2001 huisves Jaco hom in die pragtige kusdorp Gansbaai. Met die geboorte van sy eerste dogter, Isabella, neem hy die besluit om meer tyd aan liedjieskryf toe te wy. In 2007 neem hy die besluit om sy droom te volg en voltyds te komponeer, waartydens daar verskeie komposisies uit sy pen gevloei het.
In 2008 neem hy deel aan die ATKV Crescendo se ligte liedjieskryf kompetisie en behaal 2de plek met die liedjie getitel 'klein wonderwerk'. Jaco skryf ook sy eie lirieke by sy liedjies.
" no matter how crowded the sky may be with stars, I will always find myself among them, if I do not give up on my dreams" - UNKNOWN
In 2008 kry hy die geleentheid om sy eerste album, getiteld wa' ek wil wees, op te neem.
Uit hierdie versameling van liedjies kan 'n mens beslis agterkom waar hy wil wees, 'n LIEDJIESKRYWER, 'n SANGER, 'n LIRIEKSKRYWER!
Sy passie vir sy musiek loop saam met die passie wat hy het om 'n pa te wees vir sy twee dogters: Isabella en Níne, asook 'n man vir sy vrou Sone.
Die album weespieel baie van sy waardering wat hy in die lewe het asook vir die gevoel wat hy vir sy musiek het.
Hierdie kunstenaar glo in sy droom om as ligte afrikaanse musikant 'n verskil te wil maak in die bedryf. Sy droom maak deel daarvan uit dat elkeen lekker sal kan luister na sy musiek en waarde sal kan vind in sy woorde.
"use the talents you possess, for the woods would be silent if no birds sang except the best" - UNKNOWN


